Tadjikistan
vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.
|
|||||
| Nasionale leuse: Geen | |||||
| Amptelike taal | Tadjik | ||||
| Hoofstad | Doesjanbe |
||||
| Grootste stad | Doesjanbe | ||||
| Regering | Emomali Rahmon,Oqil Oqilov |
||||
| ' |
|||||
| Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
143,100 km² (95ste) 0.3 |
||||
| Bevolking - Soos op Julie 2006 skatting - Soos op 2000 sensus - Digtheid |
7,320,0001 (100ste1) 6,127,000 45/km² (151ste) |
||||
| BBP (PPP) - Soos op 2005 totaal - Per capita |
$8.802 biljoen (139ste) $1,388 (159ste) |
||||
| Geldeenheid | Somoni (TJS) |
||||
| Tydsone - Somertyd |
TJT (UTC+5) (UTC) |
||||
| Volkslied | 'Surudi Milli' | ||||
| Internet TLD | .tj | ||||
| Skakelkode | +992 |
||||
Tadjikistan is 'n bergagtige land in Asië. Aan die suide grens die land aan Afghanistan, Oesbekistan aan die weste, Kirgisië aan die noorde en Sjina aan die ooste. Die meeste van Tdjikistan se bevolking behoort aan die Tajik-etniese groep, wat hul kultuur en geskiedenis met die Persiese volke deel en Persies praat. Tadjikistan was eens deel van die Persiese Samanid-ryk en het 'n konstituerende republiek van die Sowjetunie in die 20ste eeu geword, die Tadjik Sowetse Sosialistiese Republiek.
Na die land se onafhanklikheidswording het Tadjikistan gely onder 'n vernietigende burgeroorlog wat van 1992 tot 1997 geduur het. Sedert die einde van die oorlog het nuwe politiese stabiliteit en buitelandse ondersteuning die land se ekonomie toegelaat om te groei. Natuurlike hulpbronne soos katoen en aluminium het ook baie bygedrae aan hierdie gestadige verbetering.
[wysig] Geloof
Die meerderheid van Tadjikistan se bevolking is lede van die Tajik-etniese groep, wat volgelinge van Soenni-Islam. Die land se grondwet waarborg egter godsdiensvryheid en daar bestaan 'n klein minderheid (minder as 1%) protestante: ongeveer 230 000.
[wysig] Baptiste Broederskap van Tadjikistan
Baptiste-werk in Tadjikistan het in 1929 begin. Die Baptiste Broederskap bestaan uit sewe selfbesturende kere en 23 geaffiliëerde groepe. Die Baptiste-gemeenskap het ongeveer 1000 lidmate en die voorsitter van die broederskap is die Russies-Duitse Alexandr Vervai
Lys van denominasies:
- Baptiste Kerke in Tadjikistan
- Duitse Evangeliese Lutherse Kerk
- Koreese Methodiste Kerk
- Pinksterkerk
| Lande van Asië |
|---|
|
Afghanistan - Armenië - Azerbeidjan - Bahrein - Bangladesj - Bhoetan - Broenei - Ciprus - Filippyne - Georgië - Indië - Indonesië - Irak - Iran - Israel - Japan - Jemen - Jordanië - Katar - Kambodja - Kasakstan - Kirgisië - Koeweit - Laos - Libanon - Maldive - Maleisië - Mongolië - Mianmar - Nepal - Noord-Korea - Oesbekistan - Oman - Oos-Timor - Pakistan - Rusland - Saoedi-Arabië - Singapoer - Republiek van Sjina (Taiwan) - Volksrepubliek van Sjina (Sjina) - Sri Lanka - Sirië - Suid-Korea - Tadjikistan - Thailand - Turkye - Turkmenistan - Verenigde Arabiese Emirate - Viëtnam |
[wysig] Bronne
- The World Christian Encyclopedia, Second edition, Volume 1, p. 728
- http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2007/90235.htm
- http://www.ebf.org/articles/display-article.php?article=142&cat=home&lang=eng
- http://www.ebf.org/articles/display-article.php?article=148&cat=imp&lang=eng
- http://www.ebf.org/articles/display-article.php?article=123&cat=home&lang=eng